Covid oortref MIV-sterftes in Namibië

Namibiese sterftes het in 2021 ‘n hoogtepunt bereik met ‘n totaal van 24 220 wat gedurende die jaar, wat ook die dodelikste derde vlaag van Covid verteenwoordig het, aangeteken is. Sedert 2018 was MIV en vigs die hoofoorsaak van sterftes in die ekonomiese aktiewe ouderdomsgroep van 15 tot 59 maar Covid het in 2021 oorgeneem. Kommerwekkend sterf meer babas in die land as oumense en mans sterf ook meer as vroue. Volgens die Nambiese Statistieke-agentskap, wat die syfers bekend gemaak het, kom die meeste sterftes voor tydens die wintermaande en Desember.