Klein efundja in Omusati

Kitsvloede is in die noordelike deel van die Omusati-streek aangemeld as gevolg van swaar reën in die westelike opvanggebied van die Cuvelai-Etosha-bekken. Leonard Hango, ‘n senior hidroloog het inwoners gewaarsku om versigtig te wees. Hy het met die nasionale uitsaaier gepraat en die neerslae oor die afgelope dae so uiteengesit.