Covid-maatreëls was gebalanseerde besluit

Reaksie word ontvang op die maatreëls wat deur die regering ingestel is in verband met die pandemie. Daar is groot verligting oor veral die besluit dat daar geen aandklokreël ingestel is nie. Jason Kasuto, ‘n plaaslike ekonoom en besturende direkteur van Monasa Advisory and Associates, sê Geingob het ‘n gebalanseerde besluit met die regulasies geneem.