Reaksie op Nam se rooilysverwydering

Die Namibiese toerismesektor is verheug dat die Verenigde Koninkryk vandag 11 Suider-Afrikaanse lande, Namibië ingesluit, van sy rooilys verwyder. Dit volg nadat die Omikron-variant van Covid-19 in Suid-Afrika ontdek is en die Verenigde Koninkryk toe dadelik ‘n reisverbod op Suider-Afrikaanse lande geplaas het. Nrupesh Soni van die Namibia Travel and Tourism Forum sê aan Kosmos 94.1 Nuus die aankondiging bring verligting in die toerismebedryf.

Maar Nathaly Ahrens van Wilderness Safaris sê die opheffing van die verbod is bittersoet.