Covid kelder VN se onderwys doelwitte

Die Verenigde Nasies se volhoubare doelwit vir onderwys is ontwrig deur die pandemie. Nie net het huishoudings inkomste verloor nie, donateurs en beleggers het ook minder fondse om te belê. Kinders in ontwikkelende lande het die swaarste getrek en die VN sê meer as ‘n miljard kinders wêreldwyd het geensins enige skoling ontvang nie. Anthea Basson, die VN se nasionale inligtingsbeampte in Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.