Covid-inentings: Ministerie sê oor jongste

Covid is omtrent vergete en tog is daar steeds brandpunte waar die siekte in vlae voorkom regoor die wêreld. In die VSA sowel as die Verenigde Koninkryk, is nuwe Pfizer- en Moderna-entstowwe, wat spesifiek die oorspronklike Covid sowel as die Omikron-variant teiken, goedgekeur. Plaaslik is Covid reeds ou nuus sonder enige aankondigings deur die ministerie oor inentings, en ‘n verslag word nou weekliks gestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie Ben Nangombe gesels oor die stand van sake met bestaande inentings en of die nuwe inentings aangekoop sal word.