Eskom kry sy R30m van Molefe terug

Eskom het daarin geslaag om 30 miljoen Suid-Afrikaanse rand terug te kry wat in 2016 onregmatig aan Eskom se Pensioen- en Voorsieningsfonds betaal is, tot voordeel van die gewese uitvoerende hoof, Brian Molefe. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het in Julie vanjaar ‘n uitspraak van 2018 bevestig wat die vroeë aftrede-ooreenkoms tussen Molefe en Eskom hersien en tersyde gestel het. Ingevolge die ooreenkoms het Eskom die bedrag aan die EPPF-fonds betaal om Molefe se vroeë aftrede-pensioenuitbetaling te vergroot. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die fonds het die geld nou aan Eskom terugbetaal.