Covid-inenting vandag by Soweto-mark
Stad Windhoek en sy vennote is tans besig met ‘n Covid-inentingsveldtog by die Soweto-mark in Katutura in die hoofstad. Dit duur tot vyf-uur vanmiddag. Die Covid-entstowwe Sinopharm, AstraZeneca, Johnson en Johnson en Pfizer is beskikbaar. Slegs 23,5 van Namibiërs is ten volle ingeënt en boonop moet die regering entstowwe vernietig omdat hulle hul vervaldatum bereik het. Lydia Amutenya, woordvoerder van Stad Windhoek is aan die woord.