Pous sê ouers moet gay-kinders aanvaar

Pous Fransiskus sê ouers van gay kinders moet hulle nie veroordeel nie, maar eerder aan hulle ondersteuning bied. Hy het die kommentaar gemaak met verwysing na probleme wat ouers kan ondervind. Volgens hom sluit die uitdagings ouers wat kinders met verskillende seksuele oriëntasies het. Hy het gesê die ouers moet nie agter ‘n houding van veroordeling wegkruip nie. Hy is op rekord dat die LGBTQ-gemeenskap die reg het om deur hul gesinne as kinders en broers en susters aanvaar te word. Die Katolieke Kerk aanvaar nie gay-huwelike nie.