Covid-gevalle daal met in 98% in 90 dae

Covid-gevalle in Namibië het sedert Januarie skerp gedaal. Op 3 Januarie was daar ‘n totaal van 13 126 aktiewe gevalle in die land en op 23 Maart het dit gedaal na 165. Daar was op 19 Januarie ‘n piek in sterftes met 31 wat aangemeld is en op die oomblik wissel dit nul en een of twee daagliks. Hospitaliserings is ook baie laag met tien pasiënte in die hospitaal waarvan drie in hoësorg is. Intussen het die Otjozondjupa-streeksraad aangekondig dat hy ‘n deur-tot-deur veldtog van stapel gestuur wat tot 28 Maart sal duur. Covid-inentings sowel as roetine inentings sal aangebied word. Dit is steeds eie keuse om teen Covid ingeënt te word, al dan nie.