Covid-entstof is nie veilig nie – SA drukgroep

Die Suid-Afrikaanse Vaccine Injury Medico-Legal Studiegroep sê om ingeligte toestemming te gee om die Covid-entstof te ontvang moet ‘n mediese praktisyn erken dat daar geen data is om ‘n veilige inenting te waarborg nie. In ‘n verklaring wat deur die plaaslike Health Defence League aan plaaslike media versprei is, sê die Suid-Afrikaanse groep, met talle verwysings na navorsing, die herhaalde stelling van “veilig en effektief”, in die konteks van die Covid-19 inenting, onwaar is. Volgens die groep is die fase-drie kliniese proewe wat deur entstof-vervaardigers gepubliseer is, foutief en onafhanklike ontledings van die vervaardigers se data het ernstige gebreke in die metodologie gevind. Bewyse van veiligheid en doeltreffendheid kan slegs deur gerandomiseerde gekontroleerde proewe bewys word wat tot op hede nie gepubliseer is nie. Die groep sê daar is meer as 1 000 gepubliseerde geëvalueerde studies oor nadelige newe-effekte na inenting.