Covid- en reis-apartheid: Wat is dan die plig van ambassades?

Die Swapo-parlementslid dr. Tobie Aupindi het in die Nasionale Vergadering gesê Afrika is nie regverdig hanteer in die proses om Covid-entstowwe te bekom nie, ook nie toe vlugtelinge uit die Oekraïne probeer vlug het nie. Aupindi sê Afrikane is nie regverdig hanteer tydens die vlugproses nie en noem dit reis-apartheid. Politieke kommentator dr. Ndumba Kamwanya sê dit kan die geval wees, maar vra wat is die pligte van Afrika-ambassades regoor die wêreld?