Covid: DBN skenk weer

Die Namibiese Ontwikkelingsbank het ‘n skenking van 88 000 Namibiese dollar oorhandig aan die Robert Mugabe-kliniek vir die behandeling van Covid-pasiënte. Dit bring die bank se totale bydra op 1,4 miljoen dollar te staan. Die bank se hoof uitvoerende beampte Martin Inkumbi het meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus bekend gemaak.