Polisie jaag Bloem CRC-gemeente uiteen

Die Vrystaatse polisie het ‘n kerkdiens in Bloemfontein stopgesit. Gemeentelede by die Christian Revival Church is beveel om uiteen te gaan nadat bevind is hulle oortree die inperkingsregulasies. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê beamptes het by die perseel opgedaag nadat ‘n lid van die gemeenskap gekla het. Makhele sê die gemeentelede het beweer hulle berei kospakkies voor vir mense in KwaZulu-Natal. Niemand is in hegtenis geneem nie.