Covid: daar is wel sterftes van ander oorsake – Nangombe

Namibiërs raak waarskynlik moeg daarvoor om van Covid-19-verwante sterftes te hoor. Dit volg ná lede van die publiek die daaglikse gerapporteerde sterfte bevraagteken. Hulle vra wat met ander sterftes gebeur. Waarom word ander sterftes wat nie Covid-verwant is nie, blykbaar nie meer van gehoor nie? Die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, reageer op die vraag op Kosmos 94.1 Nuus.