Covid: daar is ‘n afname maar dit kan weer verander

Namibië ervaar op die oomblik ‘n effense afname in positiewe Covid-19 gevalle. Dr. Kalumbi Shangula, die Namibiese minister van gesondheid, het egter aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat mens regtig nie te veel in die statistieke moet lees nie en gevalle kan vinnig weer toeneem.