Dit gaan bietjie beter by Meatco

Dit gaan volgens berigte baie beter by Meatco en daar is nog net een besending diere vanuit Botswana ingevoer. Junie en Julie vertoon normaalweg baie goed vir die maatskappy en volgens Rosa Hamukuaja-Thobias, Meatco se bestuurder vir korporatiewe aangeleenthede ontvang hulle op die oomblik redelik diere by die abattoir in die hoofstad.