Covid-bekamping is nie vir armes nie

Reaksie word ontvang op stellings wat in Indië gemaak is oor die bekamping van Covid. Volgens die stellings is sosiale afstand net moontlik as jou huis groot genoeg is en hande was as jy lopende water het. Handreiniger is vir meeste Indiërs onbekostigbaar en meeste kan nie bekostig om tuis te bly nie omdat hulle in die informele sektor werk. Die voormalige Minister van Gesondheid Dr Bernard Haufiku het sy mening so verwoord.