ANC neem korrupsie ernstig op

Die Suid-Afrikaanse Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, sê die regering hoop dat almal wat korrup is, in die tronk gaan eindig. Dit volg nadat die Sekretaris-Generaal van die ANC, Ace Magashule, wat strafregtelike klagtes oor ‘n asbesdak-tender in die gesig staar, uit die party geskors is. President Cyril Ramphosa het vroeër vanjaar gesê korrupsie is een van die grootste struikeblokke in die pad van die land se ontwikkeling en groei.