Covid: aktiewe gevalle stap aan na 5 000

Die Namibiese gesondheidsministerie het 596 nuwe Covid-19-gevalle in 12 streke uit 2 239-toetsuitslae aangekondig. Dit verteenwoordig positiewe uitslae in 27 persent van alle toetse. Windhoek het die meeste gevalle op 320 met Rehoboth op 59 en Gobabis op 51. In die groep is 85 leerders, 22 studente, 24 onderwysers, 39 gesondheidswerker en ses werkers van ‘n winkel in Gobabis. Die ministerie het 22 sterfgevalle bevestig. ‘n Totaal van 644 pasiënte, die hoogste getal in dae, het herstel wat die aktiewe gevalle op 4 846 te staan bring. Daar is 311 pasiënte in die hospitaal met 56 in hoësorg. ‘n Totaal van 74 110 persone is ingeënt.