Nampol vat N$817 000 se dwelms af

Die Namibiese polisie het tydens Mei beslag gelê op net minder as 817 000 Namibiese dollar se dwelms. Volgens die woordvoerder van Nampol, Adjunk Kommissaris Kauna Shikwambi is 78 kilogram dagga ter waarde van 780 000 dollar gekonfiskeer en daar is ook beslag gelê op 125 Mandrax tablette met ‘n waarde van 15 000 dollar. Kokaïen stukkies en poeier ter waarde van 20 000 dollar is ook gevind. ‘n Totaal van 94 verdagtes is in hegtenis geneem met 1 Angolese burger en ‘n Suid-Afrikaner onder die groep. Die res is Namibiese burgers.