Universiteit van die Vrystaat gaan niemand dwing om hulle te laat inent nie

Die Universiteit van die Vrystaat sê hy gaan niemand dwing om hulle te laat inent nie, ondanks die feit dat ‘n oorweldigende 84-persent van sy Senaat die nuwe inentingsbeleid steun. Die mandaat gaan in Februarie volgende jaar ingestel word. Dit bepaal personeel, kontrakwerkers en studente wat nie ingeënt is nie en diegene wat nie ‘n onlangse negatiewe Covid-19-toetsuitslag het nie, sal nie toegang tot enige van die UVS-kampusse of geriewe kry nie. Dié universiteit se beleid is soortgelyk aan dié wat die Universiteit van die Witwatersrand en die Universiteit van die Wes-Kaap aanvaar het.