Covid-19: 71 sterftes in 11 distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 71 Covid-verwante sterftes in 11 distrikte aangekondig, asook 1 176 nuwe Covid-gevalle uit 3 045 toetsuitslae. In die groep is 108 leerders, 20 onderwysers, 30 studente, 35 gesondheidswerkers, vyf gevangenes, agt werkers in die visserybedryf en drie in die mynbedryf. Daar is nou 27 046 aktiewe gevalle waarvan 552 in hospitale en 102 in intensiewesorgeenhede is.