Vinpro-studie toon 46% van wynhandelsmerke in swart besit gaan nie oorleef

‘n Onlangse studie deur Vinpro toon 46 persent wyn-handelsmerke en -ondernemings in swart besit gaan waarskynlik nie die jaar oorleef nie, aldus die DA in die Wes-Kaap. Die woordvoerder vir landbou en ogewingsake, Andricus van der Westhuizen, sê die voortslepende verbod op alkoholverkope bedreig hervormingspogings omdat die grootste deel van opkomende swart wynboere se inkomste uit plaaslike verkope kom.