Steve ‘Biko’ Booys môre weer in die hof

Die omstrede voormalige Okahandja-streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, verskyn môre weer in die landdroshof op die dorp. Booys is sedert 2 Februarie in aanhouding op klagte bloedskande en verkragting. Daar is bevind dat Booys geen voordeel vir geregtigheid in sy aansoek kon bewys nie en verder, daar is vrese dat hy kan inmeng in die ondersoek. Die staat het reeds bewys dat hy deurentyd na die vermeende voorval met die slagoffer in kontak was.