Covid-19: 26 leerders positief

Die Namibiese gesondheidministerie het vandag 261 nuwe Covid-19-gevalle van 12 streke uit 1 094 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 26 leerders, 5 onderwysers en 9 gesondheidswerkers. Daar is nou 3 062 aktiewe gevalle met 243 mense wat in hospitale is, waarvan 60 in hoësorg-eenhede. Nege mense het in onderskeidelik Windhoek, Rehoboth, Grootfontein en Tsandi gesterf.