Covid-19: 150 sterfgevalle in 21 distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 150 Covid-sterfgevalle in 21 distrikte aangekondig, asook 730 nuwe gevalle uit 1 941 toetsuitslae. In die groep is 78 leerders, 18 onderwysers, 14 studente, 29 gesondheidswerkers en 11 werkers in die mynboubedryf. Daar is nou 26 113 aktiewe gevalle, waarvan 551 pasiënte in hospitale en 111 in intensiewesorgeenhede is. Die adjunk-gesondheidsminister, dr. Esther Muinjangue, is aan die woord.