Skade van sowat N$1 miljard in KwaZulu-Natal

KwaZulu-Natal se premier, Sihle Zikalala reken die skade wat weens plundery, skade en sabotasie aan die provinsie se ekonomie aangerig is, gaan meer as een miljard Namibiese dollar kos om te herstel. Die meeste munisipaliteite is deur die plundery geraak, terwyl infrastruktuur vernietig en dienslewering ontwrig is. Zikalala skat die skade aan privaat en openbare infrastruktuur op meer as een miljard Namibiese dollar.