Covid-19: 101 sterftes in 15 distrikte

Die Namibiese gesondheidsministerie het 101 Covid-sterftes in 15 distrikte, asook 1 009 nuwe gevalle uit 3 177 uitslae aangekondig. In die groep is 77 leerders, 17 onderwysers, 12 studente en 31 gesondheidswerkers. Daar is nou 23 370 aktiewe gevalle, waarvan 552 pasiënte in hospitale en 108 in intensiewesorgeenhede is.