Bykomende vlugte tussen Durban en Kaapstad ingestel

FlySafair se hoofbemarkingsbeampte, Kirby Gordon, sê die lugredery is oorval met versoeke om van Durban na Kaapstad te vlieg. Die redery sê hy moes bykomende vlugte instel. Gordon sê in ‘n YouTube-video die bykomende vlugte sal ook mense help wat geskenkte voorraad na die streek wil vervoer.