Cosdec-studente is sat vir NSFAF, eis afdanking van personeel

Studente by Cosdec op Tsumeb, is keelvol vir die Namibiese studentehulp-fonds. Hulle eis reeds ‘n geruime tyd volle betaling van hul fondse. Dit wil voorkom asof die fonds vasskop en ‘n versoekskrif is deur die Cosdec-studente ingedien waar die groep eis dat die betrokke personeel afgedank word. Vivian Simon, een van die Cosdec-studente, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.