Dis fase drie, en fase vier die week

Eskom sal voortgaan om nog tot Donderdag fase drie-beurtkrag vanaf middernag tot vier-uur in die middag in te stel, terwyl fase vier van vier-uur die middag tot middernag van krag sal wees. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hulle ervaar steeds probleme met dieselverskaffers wat die beskikbaarheid van grootmaatdiesel by die Ankerlig- en Gourikwa-oopsiklusgasturbines in die Wes-Kaap beïnvloed. Hy sê die twee gasaanlegte het ‘n gesamentlike kapasiteit van 2 000-megawatt: