Cosby se vonnis ongeldig verklaar

Die Hooggeregshof in Pennsilvanië in Amerika het die komediant Bill Cosby se vonnis weens seksuele aanranding ongeldig verklaar en sy onmiddellike vrylating uit die tronk beveel. Die 83-jarige Cosby is in 2018 skuldig bevind aan die bedwelming en molestering op sy voorstedelike landgoed van ‘n vrou wat by die Temple-universiteit gewerk het. Sy paroolaansoek verlede jaar is nie toegestaan nie. Die hof het nou sy vonnis ongeldig verklaar nadat ‘n nie-vervolgingsooreenkoms met ‘n vorige aanklaer gevind is, wat bepaal dat Cosby nie vervolg mag word nie. Die hof het bevind die komediant se verhoor was nie regverdig nie.