Staking in Duitsland het impak op Namibiese toerisme

Met Duitsland wat die Namibië se grootste toerismemark is, het die Gasvryheidsvereniging van Namibië gereageer op vlugte wat by twee van die land se grootste lughawens in München en Frankfurt opgeskort is. Miljoene mense is in Duitsland gestrand gelaat deur ‘n grootskaalse staking by bus- en treinstasies en lughawens. Die staking is een van die grootstes in dekades in Duitsland. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Gitta Paetzold sê die staking het ‘n negatiewe impak op die Namibiese toerismesektor.