Benjamin sê hulle sal planne moet aanpas met uitstel van Afcon-reeks

Brave Warriors se afrigter, Collin Benjamin, sê die uitstel van die 2023 Afcon-toernooi se kwalifiserende reeks dwing hom om met ‘n ander benadering vorendag moet kom aangesien hy reeds planne gemaak het vir die voorbereidings vir die wedstryde wat in September gespeel sou word. Benjamin sê die spelers moet ervaring opdoen en ‘n vriendskaplike wedstryd met een van die Wes-Afrika-lande sal help met voorbereiding. Die uitvoerende komitee van die Konfederasie van Afrika-sokker het ‘n hersiene TotalEnergies Africa Cup of Nations Cote d’Ivoire 2023-kwalifikasiekalender goedgekeur. Dit was genoodsaak deur die behoefte om plek te maak vir die Afrika-lande wat vir die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi in Katar gekwalifiseer het.