Cope val uitmekaar uit

‘n Suid-Afrikaanse politieke ontleder, Ralph Mathekga, sê die verdeling in die Congress of the People bedreig die party se voortbestaan. Ontevrede partylede het ‘n mediakonferensie van die geskorste president, Mosiuoa Lekota, ontwrig. Die party het die eerste keer in 2009 aan ‘n nasionale verkiesing deelgeneem en toe 1,3 miljoen stemme gekry. Maar in 2019 kon Cope net 47 000 op hom verenig, met ‘n skamele twee setels in die Parlement. Mathekga sê Cope is in ernstige politieke moeilikheid: