Brent daal op rentekoers-kommer

Oliepryse het vanoggend gedaal op kommer oor rentekoersverhogings van wêreldwye beleidmakers sowel as hernude beperkings om Covid-19 in China te bekamp. Daar is kommer dat vraag na die kommoditeit kan afneem. Brent verhandel vanoggend rondom 95 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die inperkings, en swak ekonomiese prestasie in China dra ook by – China is die wêreld se grootste invoerder van olie. Onlangse wisselvalligheid in die oliemark het gevolg op kommer oor onvoldoende aanbod met sanksies teen Rusland en Opul wat sukkel om uitset te verhoog. In Augustus het Opul se produksie tot 29,6 miljoen vate daagliks gestyg, die hoogste sedert April 2020. Die Namibiese brandstofprys vir September sal na verwagting vroeg volgende week bekend gemaak word.