Besoek aan vroue wat deur vloede in KwaZulu-Natal geraak isAugust 29, 2022
Die Suid-Afrikaanse adjunkminister van maatskaplike ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, gaan vandag vroue wat in April deur die verwoestende oorstromings in KwaZulu-Natal geraak is, ontmoet. Die woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant, sê die vroue sal hul ondervindinge en ontberings met die adjunkminister deel. Oliphant sê dit maak deel uit van Vrouemaand-geleenthede.