Waarom vou huwelike deesdae so gou?

Met die aantal huwelike wat al hoe meer in die egskeidinghof beland, word die vraag gevra oor wat die oorsaak van egskeidings is. Tydens ‘n bespreking by die regerings-inligtingsentrum het ‘n paneel kundiges ‘n aantal kwessies bespreek wat tot egskeidings kan lei. David Rukero, ’n kenner van Otjiherero-kultuur, sê die rede waarom huwelike voorheen gehou het, is omdat mense mekaar goed ken en ouers hul kinders sal raad gee om met wie te trou. Nou is dit moeilik, want mense ontmoet mekaar en bestee min tyd om mekaar goed te leer ken.