Cope: Phala Phala-sage oorskadu Zondo-verslag

Cope sê die hele sage rondom die diefstal van buitelandse valuta vanaf President Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala in Limpopo, oorskadu die Zondo-kommissie se verslag. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê verskeie sittende en voormalige kabinetsministers is in die verslag genoem, maar sake verloop soos gewoonlik in die parlement. Hy sê nie ‘n enkele minister is in hegtenis geneem of geskors vir betrokkenheid by die erge korrupsie nie. 

https://iframe.iono.fm/e/1240949