Studie sê telemedisyne is veilig vir aborsie

Nuwe navorsing het bevind dat telemedisyne-aborsie veilig en doeltreffend is. Dit is ‘n medikasie-gebaseerde metode bestaande uit ‘n kombinasie van twee middels vir vroue in die eerste trimester. Die studie het tot die gevolgtrekking gekom dat dit ‘n lewensvatbare alternatief vir die konvensionele mediese prosedure is, veral vir vroue in omgewings met gebrekkige hulpbronne. Navorsers aan die Universiteit van Kaapstad, in samewerking met die Karolinska-instituut in Swede, sê die model kan gebruik word by klinieke wat nie toegang tot ultra-klank-skandeerders het nie, of in omgewings met beperkte hulpbronne waar aborsie volgens wet verbied word.