Nampol bekommerd oor gewelddadige rooftogte

Die Namibiese polisie is bekommerd oor ‘n toename in rooftog-gevalle waartydens slagoffers nie net van hul besittings beroof word nie, maar ook aangerand word. Volgens die nasionale woordwoerder van Nampol, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, is die jongste voorval ‘n vrou wat vroeg in die oggend in ‘n rivierbedding in ‘n beboste gebied in die Cimbebasia-woonbuurt in Windhoek deur vier mans beroof en aangeval is. Nampol waarsku Namibiërs om versigtig en paraat te wees en nie in die donker alleen te loop nie.