CoP27 is die laaste kans wat ons het – Guterres

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het ‘n beroep op wêreldlande se top-leiers gedoen om die CoP27-beraad in Egipte by te woon. Die beraad, wat van 6 tot 18 November plaasvind, word as uiters belangrik deur Guterres beskou, veral in die lig van klimaatsverandering. Dit vind in Sharm El Sheikh, Egipte plaas. Guterres sê dis ‘n laaste kans.