Kommer oor voedselsekerheid in Mali

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê daar is toenemende vlakke van voedelonsekerheid in Mali. Hy sê die gevolge van gereelde droogtes, gewapende geweld en wydverspreide onsekerheid het bygedra tot die voortdurende verswakking van lewensomstandighede in die land. Tagtig-persent van Mali se inwoners werk in die landbousektor. Volgens die voedselprogram is die agteruitgang van grondgehalte, gebrek aan kunsmis, na-oes-verliese en beperkte toegang tot markte bydraende faktore wat kleinboere laat sukkel en meer mense in armoede dompel.