COP26 – ‘n draaipunt

Lande wêreldwyd is besig met voorbereidings vir die COP-26 beraad in Glasgow, Skotland oor klimaatsverandering, waar hulle oplossings gaan soek om die vrystelling van kweekhuisgasse gesamentlik te verlaag. ‘n Klimaatkundige aan die Wits-universiteit, Francois Engelbrecht, sê die beraad vind plaas te midde van ‘n draaipunt in die geskiedenis. Hy sê die mens se optrede oor die volgende vyf jaar sal bepalend wees vir die toekoms en sal bepaal of daar hoegenaamd ‘n toekoms is: