Nog opwekkingsvermoë nodig in buurland

Die Suid-Afrikaanse energieminister, Gwede Mantashe, sê beurtkrag het ontstaan omdat opwekkingsvermoë nie beskikbaar was nie. In die verband sê hy dat 25 voorkeurbieërs aangestel is vir die verkrygingsprogram van hernubare energie van onafhanklike kragprodusente, bekend as die IPP-program. Hy sê die departement het met die vorige bod-venstertydperke nie projekte van voorkeurbieërs in provinsies ingesluit nie. Sewe is nou van die Vrystaat en een van KwaZulu-Natal. Mantashe sê die onmiddellike oplossing vir die elektrisiteitsuitdagings lê daarin om die bestaande aanlegte volgens plan te laat werk: