Colleen het geen kommer oor ActionSA se mosie nie

Die speaker van die Johannesburgse stadsraad, Colleen Makhubele, sê sy is glad nie bekommerd oor die mosie van wantroue wat ActionSA teen haar beplan nie. Die party het aangedui hy sal op 23 November ‘n mosie van wantroue teen haar ter tafel lê om haar uit haar posisie te verwyder. Makhubele het as speaker gedien in twee sittings van die raad wat as onregmatig en onwettig bevind is. Makhubele sê sy verwelkom die nuus.