ANC-integriteitskommissie het nie Phala Phala-verslag vrygestel nie

Die ANC se integriteitskommissie het berigte verwerp oor sy sogenaamde bekendmaking van ‘n verslag oor Phala Phala, aan óf die nasionale uitvoerende komitee deur die sekretaris-generaal se kantoor, óf die publiek. Die nasionale woordvoerder van die ANC, Pule Mabe, sê in ‘n mediaverklaring enige verslag wat versprei word, is vals en het nie die goedkeuring van die integriteitskommissie nie. Mabe sê die jongste mediaberigte is ’n poging om die kommissie se geloofwaardigheid te ondermyn. President Cyril Ramaphosa se plaas in Limpopo is al maande lank in die nuus ná bewerings van geld wat vroeër, ook blykbaar deur Namibiërs, op die plaas gesteel is.