T20: Engeland nog nie seker oor Malan, Wood nie

Engeland is nog nie seker of die kolwer Dawid Malan en die snelbouler Mark Wood fiks sal wees vir môre se T20 Wêreldbeker-eindstryd teen Pakistan in Melbourne nie. Albei het die halfeindstryd teen Indië misgeloop, maar in hulle afwesigheid het Engeland ʼn maklike oorwinning met 10 paaltjies behaal. Chris Jordan het in Wood se plek gespeel en drie paaltjies geneem. Alex Hales het die beurt in Malan se plek geopen en ʼn speler van die wedstryd-vertoning gelewer. Volgens die afrigter, Matthew Mott, is Malan en Wood albei uitstekende spelers, maar gelukkig het hulle genoeg diepte om dit te oorkom indien hulle nie kan speel nie.