Cobain se stukkende kitaar onder die hamer

’n Kitaar wat deur Kurt Cobain stukkend geslaan is, sal na verwagting die beste prys by Julien’s Auction se jaarlikse Icons & Idols: Rock ‘n Roll Auction in New York behaal met sommige voorspellings wat meen dit kan tot 400 000 Amerikaanse dollar behaal. Die kitaar is in Williamsport, Pennsilvanië, in 1989 stukkend geslaan en Cobain het ook daarop geskryf. Meer as 1 500 items, wat items van Beyonce, Prince en Carrie Underwood insluit, word opgeveil. John Lennon se bril, wat ook opgeveil word, sal na raming vir meer as 80 000 dollar verkoop word.